Foto's in die wolke!


My vliegtuigrit!!

Na 'n heerlike Karoo- en seevakansie, gaan ek luglangs terug Johannesburg toe, JJ gaan met die bus Kaap toe, terwyl Oupie, Oom Boeta en Tannie Alda die lang pad terug met die bakkie aandurf... (Wonder wie gaan eerste by die huis wees?)


Ons wag vir JJ se bus!!

Ons WAG vir JJ se bus!

Ons WAG nog steeds vir JJ se bus!

Ek groet solank die familie...

JJ gaan alleen verder wag en ons gaan lughawe toe!














George-lughawe met die berge in die agtergrond.

George-lughawe!

Ek en Oupie voor die gebou!

Gelukkig is dit 'n klein lughawe!

George-lughawe se restaurant!

Gou 'n lafenis voor die vlug! 

Vlugtyd!


Op pad na my vliegtuig toe!

Net gou 'n laaste blik na die skare!! 

My eerste tree!

Gee gou kans vir die kleintjies om op te styg!

Alle vensters en deure toe...

En daar trek ek...

Oom Boeta en Oupie op pad terug bakkie toe...

maar net gou eers die parkering betaal!!